Kaylen’s story

Kaylen

Ek en my dierbare man Riaan, het nie kinders nie en is baie lief vir honde.

Ons het ‘n labby gehad wat iemand vergiftig het en het toe besluit omrede hulle persoonlikhede so pragtig is, weer een te soek, maar hierdie keer soek ons een met ‘n goeie bloedlyn.
Ons het begin soek en op ‘n teler afgekom wat so paar ouer pare het en hulle afstammelinge is vanaf Germany. Ons het lank heen en weer ge epos totdat ons besluit het wie die ouers moet wees en het toe ‘n hondjie bestel.

Ons het baie kilometres gery om die hondjie te kry, maar dit was sooooo die moeite werd. Sy was van die begin af net ‘n plesier. Ons vorige lab het vreeslik skade in die tuin aangerig, maar ons het geleer en oormatig aandag en liefde aan Kaylen gegee. Sy het geen tekort aan stimulering en liefde gehad nie – dus was sy ook nie stout nie.

Haar persoonlikheid is vreeslik fyn en jy het net nodig om jou stem so klein bietjie te verhef dan weet sy ietsie is fout en jy kan sommer dadelik sien of sy skuldig is of nie.

Ons het so op 6 maande uitgevind dat sy nie heup potjies soos ander honde het nie, en ons is daar die keuse gegee of ons met die kostes en sorg gaan saamleef en of ons haar moet laat uitsit. Nog nooit sou ons die uitsit pad stap nie en ons het met anti inflamatoriese en pyn medikasies begin en ook eet sy Hills kos van kleins af.

Op my man se 50 ste verjaardag, besluit ons om die twee hondekinders saam see toe te neem (hulle bly gewoonlik in Kennels as ons iewers heen gaan) Hulle het dit so geniet, maar die eerste aand nadat ons op die strand was, het sy vreeslike pyn ervaar en kon glad nie loop nie. Ons het heel nag wakker gesit met ons hond en die volgende oggend vroeg ‘n veearts gaan soek. Die veearts het haar ingespuit en meds gegee en gese dat sy erge ligament beserings het en dat herstel pad baie lank gaan wees.

Ons het toe sommer dadelik terug huis toe gekom en na ons local veearts gekom vir x-strale.

Hy het ons aanbeveel dat die hond dadelik heupvervangings moet kry of ons sal haar moet uitsit. Weereen sou ons nie die pad stad nie en ons begin rondbel vir die heupvervangings. In Kaapstad maak ons toe die afspraak vir heupvervanging (R40 000 per heup)
Daar gekom het die Dr ‘n volledige ondersoek gedoen en toe bevind dat haar kniee in baie erger toestande is agv die heupe en dat knieg vervanging eerste prioriteit is.

Nou ja dadelik geboek vir die knieg vervanging.

Terwyl ons toe vir haar wag, aangesien sy toe 4 dae in die hospitaal moes bly, kry ek solank vir my afspraak by Oftalmoloog, omrede ek ook al 3 maande probeer om by een uit te kom en elke keer val daar iets voor dat ek die afspraak moet kanselleer.

Daar kom die mense toe agter dat daar iets ernstig verkeerd is en stuur my dadelik vir MRI en CT scans.

Net daar en dan word ek in die hospitaal opgeneem om brein tumor uit te haal en daar moet begin word met bestraling vir ander gewas wat nie uitgesny kon word nie.

En ek vertel al hierdie goed vir jou, omdat ek en my man van daardie tyd af weet dat Kaylen ons Guardian Angel is, want was dit nie vir haar nie het ek dalk beroerte gekry, so sy het my lewe gered, en ek het ‘n tweede kans gekry, net soos sy haar derde kans gekry het, want vir haar sal ons nie uitsit nie, sy is ons spesiale liewe Kaylie.

Al hierdie goed het so 2 jaar gelede gebeur en vandag, vandag is sy pragtig gesond, haar heupe het nie meer daardie kraak geluide in nie, haar pels is die mooiste as wat dit nog ooit was, ongelukkig is sy net baie oorgewig, en ons werk tans daaraan, maar sukkel maar, want dis so lekker vir my om vir haar en haar maltees maatjie Maya te bederf.

My Regal storie het ek op die vorm vir jou geskryf. Ek het ongelukkig nie before foto wat die vel mooi kan uitwys nie.